Slag van Verdun

Slag van Verdun
Deel van Eerste Wêreldoorlog

Die Slag van Verdun
Datum 21 Februarie - 18 Desember 1916
Ligging Verdun, Frankryk
Resultaat Franse oorwinning
Strydende partye
Frankryk Duitse Keiserryk
Bevelvoerders
Philippe Pétain
Robert Nivelle
Erich von Falkenhayn
Wilhelm von Preussen (1882–1951)
Sterkte
1 000 000 1 100 000
Ongevalle
450 000 400 000
Fort Douaumont Februarie 1916
Fort Douaumont Desember 1916

Die Slag van Verdun was een van die deurslaggewende veldslae tydens die Eerste Wêreldoorlog op die westerse front, tussen die Duitse en Franse leërs tussen 21 Februarie tot 18 Desember 1916 rondom die stad Verdun in die noordooste van Frankryk. [1]

Die Slag van Verdun het meer as 'n kwartmiljoen menselewens geëis en minstens 'n miljoen gewondes opgelewer. Verdun was een van die langste en bloedigste veldslae in die Eerste Wêreldoorlog en in menseheugenis. In beide Frankryk en Duitsland het die veldslag simbolies geword van die vreeslikheid van oorlog; op soortgelyke wyse as wat die Slag van die Somme vir die Britte of die "Slag van Gettysburg" vir die Amerikaners 'n soortgelyke betekenis het.

Die Slag van Verdun het die frase "Ils ne passeront pas" ("Hulle sal nie verbygaan nie") in Frankryk gewild gemaak en is deur Robert Nivelle geuiter al word dit dikwels verkeerdelik aan Philippe Pétain toegeskryf.

  1. Alistair Horne The Price of Glory: Verdun 1916 (Viking-Penguin, 1991) bl.1

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search